Welkom by Kleuterzone Waverley

Micaela Jones

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

Dit is met groot dankbaarheid en nederigheid dat ek hierdie geleentheid gebruik om my passie en toewyding vir my beroep met u te deel. Elke dag in my rol as opvoeder, bring nuwe uitdagings, ontdekkings en geleenthede om te groei. Ek is voortdurend besig om te leer, nie net uit boeke en studies nie, maar veral uit die klein handjies en groot harte van die kinders waarmee ek bevoorreg is om te werk.

My reis in hierdie beroep, is een van voortdurende selfverbetering en ontwikkeling. Ek is steeds besig om te studeer, en ek vind groot vreugde daarin om my kennis te verbreed en te verdiep. Hierdie leerkurwe stel my in staat om elke dag meer effektief en met groter insig op te tree, met die wete dat ek ‘n verskil in die lewens van die kinders maak.

Ek glo vas dat die Here hierdie pad vir my oopgemaak het, en ek is elke dag dankbaar vir die wonderwerke en seëninge wat op my pad kom. Dit is ‘n ongelooflike voorreg om deel te wees van die kinders se lewensreis, en om te sien hoe hulle groei en ontwikkel. Dit motiveer my om elke dag met entoesiasme en toewyding aan my werk te begin.

Ek streef daarna om myself verder te bevorder in hierdie beroep en om voort te gaan met die ontwikkeling van my vaardighede en  kennis. Ek glo dat hierdie groei nie net tot voordeel van myself is nie, maar ook tot voordeel van die kinders, wie se opvoeding en welsyn my hoogste prioriteit is.

 

Getuigskrifte

KleuterZone wat 'n wonderlike skool vir die klein mensies. Ek is 'n mamma van 'n 3 jarige seuntjie wat by Kleuter Zone begin het. Die personeel ius vriendelik en hulpvaardig. Met die dat my seuntjie nie ken van kleuter skool nie was hy moeilik aan die begin en die "Tannies" was baie geduldig en het net liefde en aandag getoon. Ek kan 'n verskil in my seuntjie sien vandat hy by die skool begin het, sy woordeskat en kennis het gegroei. Kleuter Zone het so baie om te offer vir die klein mensies dit is rerig wonderlik.
Anoniem
Ouer
"Warm atmosfeer, my dogtertjie het dadelik welkom en gemaklik gevoel, sy geniet dit vreeslik, en dit maak my hart so bly. Nog nie een dag gehuil om te gaan nie, as ons daar stop glimlag sy van oor tot oor! Vriendelikste Personeel, Beste besluit wat ek gemaak het"
Anoniem
Ouer
Kleuterzone Nelspruit het sover net fantastiese diens gelewer vir ons. Ons 2 seuns sien elke dag uit om te gaan en kom elke dag met vreugde terug by die huis. Puik diens en sal hulle aanbeveel vir enige ouers in Nelspruit.
Anoniem
Ouer